Lys van Islamitiese feeste en herdenkings

Hierdie is 'n lys van Islamitiese feeste en herdenkings volgens die Islamitiese kalender. Hulle is gerangskik volgens die feeste en herdenkings in die jaarkring en herdenk hoofsaaklik die lewe van die Islamitiese profeet Mohammed en die Koran. Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam. Die tradisies van die feeste en herdenkings verskil effens, afhangend van die kultuur van die lande waar Moslems bly. 'n Ander verskil in feesviering bestaan tussen die Islamitiese rigtings Soenni, Sjia en Soefisme. Daarbenewens vier Soenniete en Sjiiete feeste en herdenkings nie op dieselfde dag nie, omdat die Islamitiese kalender tussen dié twee geloofsoortuigings effens verskil.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search